24 Maart 2019 – Mik na liefde 7: Geheime van blywende liefde

Mik na liefde 7:
Geheime van blywende liefde
(1 Kor. 13:7)

1.Wat is die #1 doel in jou lewe? Waarna mik jy?
I Kor.14:1 (ANV): “Julle moet die liefde nastreef.”

Ons is verseker van God se ewigdurende liefde vir ons – dit verander nooit.
Hy wil hê jou liefde moet soos Syne wees!

2. Hoe gaan ek en jy dit regkry? Is dit regtig moontlik?
1 Kor.13:7: “Liefde bedek alles, glo alles, hoop alles, verdra alles.”

3. Vertroue in ‘n verhouding spreek van aanvaarding.
Luk.6:31: “En soos julle wil hê dat die mense aan julle moet doen, so moet julle ook aan hulle doen.”

Vier sleutels tot blywende liefde:

Sleutel 1: Ons moet leer dat liefde altyd genade verleen.
1 Kor.13:7: “Dit bedek alles”

Sleutel 2: Ons moet leer dat liefde altyd die beste van iemand anders glo.
1 Kor.13:7: “Dit bedek alles, glo alles”

Sleutel 3: Ons moet leer dat liefde altyd die positiewe van ander verwag.
1 Kor.13:7: “Dit bedek alles, glo alles, hoop alles”

Sleutel 4: Ons moet leer dat liefde altyd die ergste verdra.
1 Kor.13:7: “Dit bedek alles, glo alles, hoop alles, verdra alles.”