Gebed

prayerDie Gebedsaksies by AGS Siloam staan bekend as “Kragstasie”

‘n Kragstasie is die bron van energie(elektrisiteit). By AGS Siloam sien ons God as die bron van ons KRAG en ENERGIE. Wanneer die “gebedsvennote” van die gemeente bymekaarkom is die gebed vir herlewing in ons stad en land bo aan die agenda.

As u, soos ons, ‘n passie vir gebed het en God vertrou as die Een wat steeds gebede verhoor, is u welkom om saam met ons te kom bid.






Gebedstye:

• Maandagaande tussen 19:00 en 20:30 in die ouditorium
• En dan moedig ons mense aan om die dissipline van gebed aan te leer om elke dag tyd met God te spandeer. Om Hom te aanbid vir wie Hy is en Hom te loof vir wat Hy doen.

Kontak gerus vir Chris van der Westhuizen via die Kerkkantoor (051-522-8005)