Hart tot Hart Damesbediening

hart_tot_hart_homepageHart tot Hart is Siloam se dames bediening. Dit is vir dames van alle ouderdomme.

Ons het een maal per kwartaal ‘n byeenkoms.

By die byeenkoms is dit baie belangrik dat ons dames na liggaam, siel en gees gedien word.

Daar is altyd Woord bediening en ons eet dan ook lekker saam.

Dan maak ons gewoonlik iets wat elke dame kan huis toe neem wat by die tema pas.

Ons hou ook die kostes laag om sodoende dit vir almal moontlik te maak om hierdie byeenkomste by te woon.

Jy kan ook betrokke raak deur deel te raak van die Hart tot Hart Vroue span wat verantwoordelik is vir die beplanning en uitvoering van die funksies.

As jou passie is om vroue te bedien is Hart tot Hart die regte plek vir jou.

Vir fotos en aktiwiteite loer gerus op AGS Siloam se Facebookblad.
Navrae: Kerkkantoor 051 522 8005