Imago Dei Drama Departement

imagodei_homepageImago Dei is Siloam se drama departement. Daar word een maal per jaar aan die einde van die jaar ‘n groot produksie met relevante temas opgevoer.

Indien jy hou van drama en graag wil oudisie vir ‘n rol in die drama kan jy met Luchelle praat.

Daar word ook in die jaar kort drama stukkies vir preke gedoen wat pas by die tema van die preke.

Jy kan ook help agter die skerms met die klank en beligting, multi media, maak van videos en ook bestuur van die verhoog.

Jy kan ook betrokke wees om die akteurs te help met grimering en kostuums asook met dekor vir die verhoog.

Kom leef ook op so ‘n manier jou bediening in die Koninkryk uit.