Musiek, Klank en Multimedia – Kanaal

Kanaal Logo Nuut

Die musiek (of aanbiddingspan) van AGS Siloam, staan bekend as “KANAAL” . (Omdat ons glo dat enige mens wat “bedien” slegs ‘n kanaal is waardeur God werk in die lewens van ander mense.

Kanaal se droom is om Geesgevulde lof en aanbiddingsmusiek tydens eredienste te inspireer tussen mense.

Jy kan betrokke raak deur ‘n instrument te bespeel, te sing of te help met klank of multimedia.

Vir oudisies kan jy via die Kerkkantoor kontak maak met Tertia Theron (051-522-8005)



Ander geleenthede by Siloam rakende Musiek, Klank en Multimedia

  • Lofprysing en aanbidding:
    • Kanaal (Sondagdienstedie se aanbiddingspan)
    • Diep-band (“Youth-Band”)
    • Impact Kids Band (Kinderkerk “band”)
    • Kreatiwiteitspan (Multimedia en dekor vir preke)