Seniors

By AGS Siloam lê die bediening van “bejaarde” mense ons na aan die hart. Die seniorburgers het ‘n groep genaamd “KLUB KALEB”.

Klub Kaleb kom een maal per maand bymekaar by die kerk (meestal die 2de Saterdag van elke maand om 10:00). By die geleentheid word daar saam gekuier, gekerk, gespeel en geëet.

Maak asseblief kontak met Lollie Prinsloo via die Kerkkantoor (051-522-8005)