Visie

Jesus Christus ons fondasie vir die restorasie van ons wêreld. 

Missie

Om alle mense te bemagtig tot die herstel van ‘n oorvloedige lewe in Jesus Christus.

Ons strategie

Ons waardes

Liefdevolle Gasvryheid

Die Woord dring ons om ons naaste lief te hê soos onsself, en watter beter manier om dit uit te druk as met Liefdevolle Gasvryheid. Siloam is ‘n gemeente waar vreemdelinge vriende word, en die wat na ‘n geestelike familie soek, met ope arms verwelkom word.

Woord-Waarheid

Daar is geen groter gesag as die Woord van God nie, en daarom word die Waarheid van die Woord onbeskaamd verkondig by Siloam. Impact Kids, Propvol Tieners, FAM jong volwassenes en DBS-kleingroepe word ook op die fondasie van die Woord gebou, en die Lerende-bediening en Siloam Berading is ‘n verlengstuk van die Woord wat Sondae gedeel word.

 

Dissipelskap

Siloam is ‘n mosterdsaad-gemeente, waar een gelowige met uitnemendheid saai in die lewe van ‘n volgende gelowige, om sodoende sterk wortels en gesonde vrug te kweek. God is ‘n God van Generasies, en in hierdie gemeente word saamgroei tussen generasies aangemoedig. Maximus-mannebediening en Well-vrouebediening moedig juis kruisbestuiwing tussen verskillende generasies aan.

“Siloam” is ‘n naam wat in die Bybel gevind word. Dit is ‘n bad of ‘n poel, wat voortspruit uit ‘n fontein. Dus beteken Siloam ook PROPVOL LEWE. Fonteine bring lewe, en daar is ook Bybelse verwysings na genesing by die poel van Siloam. Nog ‘n vertaling van “Siloam,” is om te gaan. 

 

Ons glo dus dat ons GENEES, GROEI en GAAN om Christus se LEWE te bring, waarookal ons beweeg.

Ontmoet ons span